In hierdie artikel word aspekte van xenia - soos uiteengesit in die klassieke Griekse teks van Homerus en as vertrekpunt vir latere teorieë oor gasvryheid - kontekstueel in Marlene van Niekerk se roman Triomf (1994) ondersoek. Die Griekse konsep xenia dien egter as voorloper vir eietydse teorieë oor gasvryheid soos vervat in die werk van Levinas en Derrida. Gasvryheid teenoor vreemdelinge vorm die grondslag van xenia en dit is 'n aspek wat herhaaldelik in Van Niekerk se roman voorkom. Daar is die verhouding met die NP-werwingsagente, die Jehovasgetuies, die AWB-werwers, asook Lambert se interaksie met Sonnyboy en Mary, die prostituut wat hom op sy verjaardag besoek. Veral laasgenoemde toneel stem heelwat ooreen met die riglyne vir goeie gasvryheid soos aangedui deur Homerus.
This article investigates aspects of xenia or guest relationships - which forms a central aspect of Homer's Odyssey - in Marlene van Niekerk's novel Triomf. Hospitality and the lack thereof form the basis of several scenes in the novel. Examples include the visit of the agents canvassing for the National Party before the elections, the Jehovah's witnesses, the AWB recruiters, as well as Lambert's interaction with Sonnyboy and Mary. The latter scene in particular corresponds closely to the guidelines for proper hospitality as delineated by Homer.